Pretoria Streek_Blou_web-01

PRETORIA-STREEK

Pretoria Streek_Blou_web-01

PRETORIA-STREEK

Span_foto

Solidariteit Helpende Hand se roeping is gemeenskapsontwikkeling. Ons wil vir die Afrikaner-gemeenskap waarin ons leef voorspoed verseker deur dit te ontwikkel.

Helpende Hand Pretoria-streek is in die Jakarandastad geleë en sluit ook 'n titseltjie platteland in, want Cullinan, Rayton en Bronkhorstspruit is deel daarvan. In die Pretoria-streek is daar 9 vrywilligertakke wat ons hande en voete in die gemeenskap is.

Daar is 6 Ons Winkels in die Pretoria-streek wat help met die finansiering van studiefondse, leierskap- en vaardigheidsontwikkeling onder skoliere, werkskepping, en vele ander volhoubare projekte.

Daar is ook 1 Ons Sentrum waar gratis terapie aan kinders gegee word en 'n Ons Plek-naskoolsentrum vir behoeftige kinders.

Indien jy betrokke wil raak en ons wil help om 'n verskil te maak, stuur 'n e-pos aan [email protected] of skakel 060 218 4727.

Eenmalige skenkings vir die Pretoria-streek kan in Solidariteit Helpende Hand Gauteng-Noord se rekening inbetaal word. Jy kan by [email protected] 'n artikel 18A-sertifikaat vir belastingdoeleindes aanvra.

Bankbesonderhede
Bank: FNB
Takkode: 261-550
Rekeningnommer: 623 5091 8383

ONTMOET ONS PERSONEEL

Claudette Engelbrecht Klientediensbeampte_web

Claudette Engelbrecht

Streeks- Administratiewe Beampte
[email protected]

012 111 8360 x 168
Karmien_Foto

Karmien Buys

Assistentstreeksorganiseerder: Pretoria
[email protected]

060 218 4727
Bianca_foto

Bianca Oosthuyzen

Maatskaplike werker
[email protected]

072 691 3342
Elize Bezuidenhout Ons Plek Bestuurder_web

Elize Bezuidenhout

Ons Plek Derdepoort: Sentrumbestuurder
[email protected]

082 772 1821

Leierskapsontwikkeling: Bou manne met karakter en rigting

Ons leierskapsontwikkelingsprojek fokus op die ontwikkeling van seuns wat nie 'n aktiewe pa-figuur in hul lewens het nie. Ons glo elke seun verdien die geleentheid om toegerus, begelei en geïnspireer te word om 'n man met karakter en integriteit te word.

Die projek bestaan uit dinamiese dagprogramme vir seuns in graad 7, 8 en 9 asook 'n kamp vir seuns in graad 10 en 11. Hierdie gestruktureerde programme bied 'n veilige ruimte waar seuns kan groei, leer en selfvertroue ontwikkel.

Die seuns leer praktiese lewensvaardighede aan, soos hoe om 'n voertuig se band te ruil, 'n das te knoop en basiese spoorsny-tegnieke toe te pas. Hulle leer ook hoe om ander met die nodige respek te behandel, wat die beginsels van verantwoordelikheid is en hoe om dit uit te leef.
'n Kernkomponent van die projek is mentorskap. Die seuns kry die geleentheid om met positiewe manlike mentors te skakel wat gesonde leierskap, dissipline en waardegedrewe besluitneming modelleer. Hierdie verhoudings speel 'n belangrike rol in die vorming van identiteit, selfbeeld en toekomsgerigte denke.

Ons doel is eenvoudig maar kragtig: om seuns toe te rus met vaardighede, waardes en ondersteuning sodat hulle met selfvertroue hul plek in die samelewing kan inneem.

Nuus vanuit ons streek

tassie

Koop 'n skooltassie aan teen R450

Onthou jy nog jou eerste skooldag? Haasbekkie, klere wat nog te groot is en 'n tas wat amper groter is as jy? Opgewonde om te leer lees en skryf.

Vir baie graadeen-leerders is dit egter nie die prentjie van hulle eerste skooldag nie. Dalk ook haasbekkie, maar met verbleikte klere en 'n sakkie met net 'n potlood waaraan hulle styf vashou.

tannie-anna-meiring-hasies2-640x480

Borg ‘n Trooshasie teen R200

Anna wou graag vir kinders ʼn “trooshasie” gee om vas te hou wanneer hulle hartseer en alleen voel, sodat hulle sal weet dat daar iemand is wat omgee. Sy kon egter nooit die projek voltooi nie weens artritis in haar hande.

Helpende Hand hoop nou om elke jaar die projek te doen. Die doel is om elke jaar op 25 November, Anna se verjaarsdag, ’n insameling van trooshasies te hou wat gemeenskappe regdeur die jaar gehelp brei het.

487503069_971343671806552_4628541890390989611_n

Borg 'n seun teen R900

Leierskapsontwikkeling: Bou manne met karakter en rigting

Ons leierskapsontwikkelingsprojek fokus op die ontwikkeling van seuns wat nie 'n aktiewe pa-figuur in hul lewens het nie. Ons glo elke seun verdien die geleentheid om toegerus, begelei en geïnspireer te word om 'n man met karakter en integriteit te word.

Die projek bestaan uit dinamiese dagprogramme vir seuns in graad 7, 8 en 9 asook 'n kamp vir seuns in graad 10 en 11. Hierdie gestruktureerde programme bied 'n veilige ruimte waar seuns kan groei, leer en selfvertroue ontwikkel.

Die seuns leer praktiese lewensvaardighede aan, soos hoe om 'n voertuig se band te ruil, 'n das te knoop en basiese spoorsny-tegnieke toe te pas. Hulle leer ook hoe om ander met die nodige respek te behandel, wat die beginsels van verantwoordelikheid is en hoe om dit uit te leef.
'n Kernkomponent van die projek is mentorskap. Die seuns kry die geleentheid om met positiewe manlike mentors te skakel wat gesonde leierskap, dissipline en waardegedrewe besluitneming modelleer. Hierdie verhoudings speel 'n belangrike rol in die vorming van identiteit, selfbeeld en toekomsgerigte denke.

Ons doel is eenvoudig maar kragtig: om seuns toe te rus met vaardighede, waardes en ondersteuning sodat hulle met selfvertroue hul plek in die samelewing kan inneem.

Word deel van die Solidariteit Helpende Hand familie

Skenk by jou naaste Ons Winkel

Untitled-1