Anna wou graag vir kinders ʼn “trooshasie” gee om vas te hou wanneer hulle hartseer en alleen voel, sodat hulle sal weet dat daar iemand is wat omgee. Sy kon egter nooit die projek voltooi nie weens artritis in haar hande.
Helpende Hand hoop nou om elke jaar die projek te doen. Die doel is om elke jaar op 25 November, Anna se verjaarsdag, ’n insameling van trooshasies te hou wat gemeenskappe regdeur die jaar gehelp brei het.
Vir meer inligting stuur epos aan [email protected]
Helpende Hand nou 100 trooshasies ryker
Martie Pretorius het Maandag ʼn honderd gebreide trooshasies aan Solidariteit Helpende Hand geskenk, en so ʼn spesiale belofte aan haar oorlede moeder nagekom.