Koop 'n skooltassie aan teen R450

Onthou jy nog jou eerste skooldag? Haasbekkie, klere wat nog te groot is en 'n tas wat amper groter is as jy? Opgewonde om te leer lees en skryf.

Vir baie graadeen-leerders is dit egter nie die prentjie van hulle eerste skooldag nie. Dalk ook haasbekkie, maar met verbleikte klere en 'n sakkie met net 'n potlood waaraan hulle styf vashou.

Solidariteit Helpende Hand Pretoria-streek, Pretoria-Oos-streek en Groter Centurion-streek wil saam met Uitkoms Skryfbehoeftes 'n positiewe, blywende impak maak op kinders wat nie so bevoorreg is nie deur seker te maak dat hulle op hul eerste skooldag op gelyke voet kan wegspring. Daarvoor het ons jóú hulp nodig.

Bankbesonderhede:
Solidariteit Helpende Hand Gauteng-Noord
FNB
6235 091 8383
Verwysing: Tassie
Kontak [email protected] vir navrae.

Koop 'n skooltassie aanlyn teen R450